
#Hy sal bly

Miniatuur Kerkie Hartswater
Waar kry ons hom? Hartswater Hoofstraat Noord-Wes
Waarvoor is die monument opgerig?
Hierdie unieke kerkie is in 1991 opgerig ter ere van die Pionier moeders en vroue wat tydens die oprigting van die Vaalharts skema onwrikbaar by hul mans en gesinne bly staan het ten spyte van die donker wolk van die Depressiejare wat oor hul gehang het.
Die vroue het modder water uit die kanaal gaan skep en te voet dit na hul huise gedra vir hul gesinne om te kan gebruik.
Die kerke het 10 sitplekke en word nog gebruik vir troues.
In die voorportaal van die kerkie is daar weerskante twee pragtige houtwerke opgehang.
Die woorde op een van hierdie houtwerke lui so:
“ TOT DIE EER
VAN GOD EN
TER
HULDIGING
VAN ONS
PIONIER
MOEDERS
EK ONTHOU DIE GENEENTHEID VAN JOU JEUG DIE LIEFDE VAN JOU BRUIDSTYD TOE JY AGTER MY AANGELOOP HET IN DIE WOESTYN IN N ONBESAAIDE LAND” JER 2:2

